Ester van Deventer spandeer haar dae deur die een prentjie na die ander te teken. Sy werk in verskeie mediums, soos waterverf, ink, kleurpotlode en ook digitaal.
Haar droom is om 'n voltydse illustreerder te wees, en om eendag haar eie storieboek uit te gee.
Ester het in 2022 by UCT (University of Cape Town) hulle aanlyn kort kursus in grafiese ontwerp klaar gemaak. Alhoewel sy baie geleer het het sy besef haar passie lê by illustrasies vir storieboeke.
In 2023 het sy twee boeke vir Lig in Duisternis Uitgewers geillustreer, Boustene van die Koninkryk graad 1 en 2.
Sy geniet dit ook om karikature van haar gesinslede te teken.